Ons praat al jare

Ons het meer as 'n jaar terug gaan ontbuit eet as friende. Skelm noem toe vir Swaldo hy sal love om eendag sy eie koekies te bak, Swaldo sê toe dadelik

"Skelm! Ek love bak, ek het even 'n monster oond gekry"

Ons belowe mekaar ons gaan 'n ding saam doen maar ons gaan dit rustig vat, want soos 'n goeie vriendskap, vat goeie dinge tyd.

Placeholder Image

Die verhaal van die
Enkelhoorn sponsdoorn

Skelm, oppad terug van werk af. Daai dag het hy nie van sy gewone kantoor af gewerk nie, en toe hy homself weer kry, is hy in die middel van nerens, met ’n pap wiel.

Om by hulp uit te kom, sny hy toe deur ’n boer se plaas, en êrens tussen die draad en die doringbome, beland hy in ’n feetjiebos. Dis daar waar hy dit sien: ’n reënboog-llama, besig om die woud met kosmiese presisie te beskuit.

Skelm, verward maar gefassineer, hoor toe stemme in sy kop wat hom nader roep. Hy volg dit, en proe. Die smaak was ongelooflik.

Skelm het toe geweet, dis sy roeping om hierdie enkelhoorn-sponsdoorn met die wêreld te deel.
Met nuwe vuur in sy hart laai hy daai llama in, fix sy wiel en ry huis toe.
Want hy het geweet sommige dinge moet eenvoudig met die wereld gedeel word.


6 geure wat glad nie kak is nie